Verken die pragtige Magaliesberg...
Geleë in die mooie Magaliesberg, bied Klein Domein jou 'n heerlike geleentheid vir stap en avontuur of om bloot net uit te rus in 'n pragtige omgewing. Die deel van die magaliesberge is n' rowwe terrein, perfek vir n' ervaring oor hoe mense toeka gelede moes stap het.
Die plaas is 15 minute se ry van Mooinooi af en kan binne 'n jap-trap vanaf Pretoria of Johannesburg bereik word.
'n Goed toegeruste selfsorg-woning het alles wat mens benodig vir 'n genotvolle kuier-naweek. 'n Lekker vuurmaakplek is ook beskikbaar.
Praat gerus met ons om die beste stap-opsies vir jou groep. Dit kan wissel van 'n ligte stappie in Dome-kloof op tot 'n voldag stap deur die ongerepte natuurskoon van die Magaliesberg.
Abseil en rotsklim en gly-klip-pret en ander spanbou-aktiwiteite kan ook aangebied word. Skakel ons gerus vir meer inligting.