Geleë in die mooie Magaliesberg, bied Klein Domein jou 'n  heerlike geleentheid vir stap en avontuur of om bloot net uit te rus in 'n pragtige omgewing. 

 

Die plaas en omgewing is ryklik geseen met die mooste natuurskoon, helder skoon en drinkbare bergstroom water, klipformasies, diere en groot hoeveelheid verskeidenheid voellewe.

Die Magaliesberge was in die verlede bekend as die Macalisberg of as die Kashan Berge.[1] Die berge is glo vernoem na die Tshwana hoofman Magali (Mohale), wat 'n stam in die noorde van die berge regeer het.


FLORA

Daar is meer as 130 spesies van bome in Magaliesberg. Die Olyfgroen vingertjie (Frithia pulchra) is 'n dwergplantjie uit die vygiefamilie wat endemies aan die gebied is. Die vuurpylaalwyn Aloe peglerae groei net in Magaliesberg en aangrensende berge.

Op die suidwaartse hange waar die streek die droogste is, is die meeste van die plantegroei in die valleie aan die voet van die kranse gekonsentreer.Op die noordelike hange kom die wilgerbome voor en laer op die hange is die Maroela-bome.

 

FAUNA

Magaliesberg was eens die tuiste van olifante, renosters, buffels, kameelperde, groot katte en baie spesies van bokke. Alhoewel baie groot spesies oor die jare uit die gebied verdwyn het, sommige privaat wildkampe is besig om 'n paar spesies in die streek te hervestig. Van hul ontsnap en word dan telkemale opgemerk in die die berg. So byvoorbeeld weet ons van paar luiperds, wildebeeste, verskeie soort bokke.

 

SWARTWITPENS

Van besondere betekenis is die hervestiging van die swartwitpens. Want dit was in Magaliesberg waar William Cornwallis Harris die spesies ontdek het in 1836.