Dag Stap

Klein Domein bied verskeie dag stap roetes op die Magaliesberg.  Die opsies is legio

 

Verskeie videos en fotos is beskikbaar op die internet. Doen net 'n soek vir "Dome Pools". Permitte word uitgereik deur Klein Domein en is ingesluit in die fooi.  

 

1) Piekniek by die bergstroom. Ideaal vir kleuters(maar op eie risiko) 

Die is 'n halfuur of meer  stappie. Af met knershoogte tot by die berg stroom. Knershoogte is 50 meter val teen 45 grade skuinste af.  Kuier by die suiwer water stroom. Water vlakke verskil tydens seisoene  Verskillende klein poele. (hou ten alle tye u kinders in die oog. Kinders van 6 en ouer)
 

2) Totale 3.6 km tot by  Waterval, stap verby  swem poele

Die is uur stappie na die waterval en swempoele. Af met knershoogte, loop langs rivier. Stop by verskeie punte. Kyk na die poele en swem, plantegroei, diereryk en uitsig. Stop 2 keer vir blaaskansie (nie nodig). Speel en swem in die waterval poele.

 

3)  5 km Waterval en glyklip stap

Die is 2 uur stappie tot by gly gate. 

Af met knershoogte, loop langs rivier. Stop by verskeie punte. Kyk na die poele, plantegroei,diereryk en uitsig. Stop verskeie kere vir blaaskansie (nie nodig). Speel en swem in die waterval poele. Beweeg op met die kloof en swem en/of speel verder in  poele en gly jou broek stukkend. Wees bedagsaam vir reen tye en sterk strome wat waterkolke maak

 

4 ) Kuier en Braai by die Lapa of by  huis area (reel asb vooraf)

 

By die parkering is daar braai area, asook by die woon huis. Bring u eie rooster en maak gebruik van die geriewe. Dit is baie basies. Bring u eie hout.  Die plaaslike hout maak nie kole nie. Kyk Foto.

Op versoek kan die sement plaas dam water ingetap word soos benodig (Koste)

 

Verlaat asb plaas voor son ondergang: 

Somer 6 uur

Winter 5 uur