Alleen Oornag Kuier in die Bibloteek

Net een bespreking per week of per naweek toegelaat

 

 

Wegbreek - net een bespreking toegelaat vir besprekings tydperk

 

Wii net uitkom vir die naweek of week. Wil net rustig wees - alleen. Lekker saam sit en kuier onder die bome met gesin. Of op die stoep en uitkyk oor die Bardnardsvlei dal. Kinders kan baljaar in die plaas dam.

 

Reel die unieke tyd vir eksklusiewe tyd. Stap deur die Protea blomme en deur die veld.

Loop die berg op en gaan kuier by die bobbejane. Verlustg jou aan die stilte en die natuur.

 

Dan sekere mense kan net nie stil sit nie - maak jou dan self handig en doen iets nuttig op die plaas vir n volgende keer.

 

Plaashuis beskikbaar:

Geen krag - huis het 12 volt Led ligte wat ons direk aan battery koppel .

Hoofslaap kamer en 2 slaap kamers.

Hoofslaapkamer het eie stort en toilet.

Badkamer en Toilet

Kombuis 

 

LW: Koue water in winter en lou water in somer.

VOORWAARDES VIR TOEGANG?

- Verwysing is noodsaaklik van vorige kampeerders

- Geen harde musiek. (Dit is 'n vallei die klank trek km ver)

- Geen oormattige drank

- Rokers tel asb jul stompies op en gooi in die asblik.

- Alle vuilis (Bottels, plastiek, ens) gaan saam met jou terug

- Vure en braai slegs op aangeduide plekke

- Op eie Risiko 

Die Bibloteek behels n verskeiedenheid afrikaanse en engelse boeke. Wees welkom om te lees, maar los asb die boeke op die plaas. Wees welkom om by te voeg.

 

Backpacker en Kampeer

Oornag - eenvoudig

- Net een besprekings groep per week

Rondawel

Basiese oornag geriewe,

Stapel beddens met plat oppervlak, geen matrasse. Koue stort en Toilet.

Braai geriewe.  R150 per persoon. (Geen diere - daar is diere op die plaas)

Karavaan

Bring jou Karavaan - Kry staan plek waar jy wil. Sentrale boma vir kampvuur en braai geriewe. Sentrale badkamer met toilet en koue stort.

 

Tent

Bring jou Tent - Kry opslaan plek waar jy wil. Sentrale boma vir kampvuur en braai geriewe. Sentrale badkamer met toilet en koue stort.